Venter het opskudding gemaak nadat hy as die wenner van die “Afrikaans Oppi Platteland” fees weggestap het. Kort daarna het hy sy eerste enkelsnit “Deur Die Winters” van Theuns Jordaan vrygestel. Dit was die liedjie waarmee hy bekroon was as wenner.
Nou deel Venter sy hart met sy tweede enkelsnit “Die Hart van My” wat nou beskikbaar is met ‘n musiekvideo.
Een ding is verseker – Venter weet hoe om lirieke neer te pen, soos met hierdie vers in die liedjie: “Jy is vroegoggend koffie, net so dou voor dag, my wolkombers wat warm hou deur die nag”.
Daarom is dit geen verrassing dat “Die Hart van My” heeltemal self deur Venter geskryf is. Hy deel opreg sy hart met jou.
Die liedjie is ook vervaardig deur Hugo Ludik van Muse Studios. Jy gaan dalk dink dat hierdie liedjie diep is – ja hy is, maar jy gaan ook dansvloer toe wil gaan met hom.
Die man gaan jou aangenaam verras met “Die Hart van My”.