Liefde koop die brood nie, maar “Vyftig Rand” kan! Dis wat Barto reken met sy eerste enkelsnit vir 2025.
Wat sal jy met vyftig rand kan doen? ‘n Roomys koop vir haar, ‘n brandy special saam vriende, of dalk dit vir iemand in nood gee? Die saak bly staan – as elke persoon net ‘n bietjie bydra kan klomp mense baatvind uit ‘n goeie tyd en selfs ‘n bietjie stoom afblaas in die proses.
Die liedjie is geskryf deur Stephan van Huyssteen, Barto en sy baskitaar-speler, PC Vermaak. “Vyftig Rand” is vervaardig deur Hugo Ludik by Muse Studios en beloof om die goed-voel vibes wakker te maak soos hulle eksperimenteer het met nuwe opwindende idees vir die “Barto-klank”.
“Raak die maand ‘n bietjie lank? Ys teen die glas is ‘n beter klank. Sy sê sy weet nie, maar sy wil ‘n bietjie uitkom.” sing Barto.
So, hoe ver sal jy ‘n Vyftig Rand noot kan rek?