WAAR LÊ JY JOU LIPPE NEER?

Na die sukses van Posduif se debuut-album, ‘Niks Vergelyk’, is dié talentvolle musikante op ’n wenreeks van nuwe musiekvrystellings. In die laaste paar maande het hulle ons bederf met ‘Laatnag-Sonop-Koebaai’ en ‘Vat Jou Hoender’. Nou is hulle terug met nog ’n treffer wat beslis die dansvloer aan die brand gaan steek.

‘Waar Ek My Lippe Neerlê’ gaan oor passievol verlief wees, daardie warm gevoel wat deur jou hardloop wanneer jy dié een sien en hoe julle net nie genoeg van mekaar kan kry nie. Dit is die perfekte kombinasie van ’n vinnige danstempo. Perfek vir enige langarm geleentheid en die klassieke Posduif-saksofoon-solo wat die romanse van die lirieke ophef. Die liedjie is gewaarborg om jou bloed te laat pomp, jou hart vinniger te laat klop en jou voete te laat beweeg.

Daar is net een manier om hierdie een te luister, kliphard!

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter