WIKUS BOTMA LAAIK DIT "KWAAI"!

Wikus Botma het opskudding gemaak in die musiekbedryf met treffers soos “Brandewyn Lippe” en “My Nannas”. Nou gaan jy sy nuwe enkelsnit “Kwaai” like!
 
Daar is ‘n Afrikaanse sê-ding “Ek like jou kwaai” en Wikus het dit gebruik om die storie te vertel van hoe twee mense mekaar ontmoet het en dan besef hoeveel hulle mekaar like, net soos hulle is. Selfs wanneer daar bietjie water in die see geloop het met die verhouding, like hulle mekaar nogsteeds net so baie soos aan die begin. Dit is ook baseer op die ware verhaal van hoe Wikus sy vrou ontmoet het.
 
Dié sê-ding word ook gebruik wanneer jy iets kwaai like soos ‘n lekker braaivleisie of daai bakkie wat jy al ‘n rukkie beöog.
 
Wikus het hierdie liedjie geskryf saam met ervare liedjieskrywers Don Kelly en Marc Brendon. Met Werner Beukes wat hierdie liedjie vervaardig het, kan jy maar seker wees jy gaan hom meer as eenkeer speel en ‘n draai op die dansvloer maak.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter